SUIDERKRUIS-GEMEENTE
AANDDIENS: 28 Sept 2008
TEMA: Tekens?
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Vooraf musiek & afkondigings |
|
reen1 |
MG |
5 minute vooraf |
|
|
Liturg |
Welkom & groet |
|
reen1 |
Liturg |
Gebed |
|
reen2 |
Liturg |
Oproep tot lof |
|
reen3 |
MG |
Lof |
Saam wil ons die Here prys . . 990 I will enter His gates . . . . . 807 Jesus bring vreugde . .. . . . . . . . 833 |
990 807 833 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
|
reen4 |
MG |
Aanbidding |
Gaan na al die nasies . . . . . 760 In moments like these. . . 813 Here, God almagtig . .. . . 778 Thy Word is a lamp . . . . 1029 |
760 813 778 907 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
reen5 |
Liturg |
Skriflesing |
Gen 9:8-17 |
Skrif |
Liturg |
Preek |
Dit sal die teken wees...of nie? Hoe weet ek dis ‘n teken? Kan ek staatmaak op ‘n teken? |
Preek |
Liturg |
Gebed |
|
reen5 |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
Dankoffers- afkondig |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
Met die skemer daal die vrede . . . . 907 LB563:1-3 “Aan U o God my dankgesange” |
907 563 |
Liturg |
Seën |
|
|
Opsomming van Preek
1. Tema: lees die tekens reg
2. Alledaagse tekens
3. Blou lig
4. Vliegtuig
5. Rook
6. Rooi kruis
7. Ring
8. Uil
9. Harte
10. Stetoskoop
11. Robot
12. Snaakse alledaagse tekens
13. Cemetery / Dead end
14. Eat here and get gas
15. Geen kant toe
16. SOTP
17. Minnesota - the Sunshine State
18. Sharp dges
19. Wind
20. Bybelse tekens
21. Boom
22. Reenboog
23. Duif met olyfblaar
24. Bloed aan kosyne
25. Verbondsark
26. Lammetjies
27. Brood en wyn
28. Duif
29. Menorah
30. Ander: kind / besnydenis / hoed / ongewone tale
31. Persoonlike Goddelike tekens
32. I asked God to send me a sign...
33. Bord wat uit lig uit val...
34. Bord in Texas
35. Servers down - go outside
36. Gideon
37. Mat 12:39 en Mark 8:12
38. Woord en tekens
Preekskets
INLEIDING
In elkeen van ons se lewens speel tekens ‘n groot rol:
trouring - teken van huwelik
skoolklere - teken van skool waaraan ek behoort
baadjie met embleem - teken van inrigting wat vir my sentiment het
tatoëermerk - teken van iets in my lewe
hangertjie - teken van ou/meisie se liefde
kruisie - teken van die Here se kruisiging
Wat is ‘n teken?
Iets (sigbaar) wat my herinner aan iets anders (onsigbaar?)
Tekens is baie belangrik:
Help my om iets te onthou (wat gebeur het)
Van die begin af het die Here vir ons tekens gegee.
Iets sigbaar wat my herinner aan iets onsigbaar.
Sodat ek kan onthou wat gebeur het.
OU TESTAMENT
Bybel skop af met ‘n tuin.
In die tuin is daar duisende bome.
In die middel van die tuin is daar twee bome
Boom van kennis van goed en kwaad
Boom van die lewe
Hoekom was die twee bome in die tuin?
Was hulle vrugte anders?
Het die bome anders gelyk?
Was daar iets "goddelik" aan hierdie twee bome?
Nee.
Dit was doodgewone appel of peer bome.
Maar hierdie twee bome was ‘n teken van iets anders.
D.i. Dat elkeen van ons ‘n keuse moet maak.
Elke keer as Adam en Eva hierdie boom gesien het, moes hulle daaraandink dat jy nie outomaties aan God behoort nie:
Jy moet ‘n keuse maak.
En as jy die verkeerde keuse maak, verloor jy die paradys.
So ‘n paar hoofstukke verder lees ons die verhaal van twee broers: Kain en Abel.
Die twee broers het gaan offer.
Toe neem die Here Abel se offer aan, en Kaïn s'n nie.
En Kaïn is kwaad vir sy broer.
Eintlik is hy kwaad vir God.
En hy wag hom in en slaan hom dood.
Hy't gedink niemand sien Hom nie.
Pappa en mamma sal dink Abel het weggeloop.
Maar God het hom gesien.
En Hy straf vir Kaïn.
Hy sal ‘n doellose swerwer wees.
Hy sal saai en saai en niks sal groei nie.
Sy boerdery sal misluk.
En Kaïn roep uit: Dis te veel vir my! Ek kan dit nie dra nie.
En toe gee die Here vir hom ‘n teken.
Gen 4:Toe gee die Here vir Kain 'n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie.
Iets om hom te herinner dat die Here nog lief is vir hom.
Om vir hom te sê dat sy lewe nog kosbaar is vir God.
Gen9: 16 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde." 17 God het vir Noag gesê: "Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde."
Eks 12:13 Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.
Eks 13:9 Die (paas)fees moet vir julle wees soos 'n teken op die hand of 'n merk op die voorkop sodat julle altyd sal getuig dat die Here Hom aan julle geopenbaar het, want dit is met sy groot mag dat Hy julle uit Egipte bevry het. 10 Julle moet hierdie voorskrif van jaar tot jaar op die bepaalde tyd nakom.
Eks 31:Ook op hulle nageslag lê die verbond 'n blywende verpligting om die sabbat te onderhou. 17 Dit sal vir altyd 'n teken wees tussen My en die Israeliete. In ses dae het Ek, die Here, die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie, maar gerus."
Tydens Israel se verblyf in die woestyn,bou hulle die tabernakel en die ark.
En vir duisende kilometers daarna dra hulle die ark.
-As hulle deur die rivier gaan, gaan die ark eerste
-As iemand aan die ark vat, sterf hy.
-As hulle oorlog maak, gaan die ark saam.
-As die vyand die oorlog wen en die ark saamvat, gaan maak hulle weer oorlog en vat die ark terug.
Hoekom?
Ps 132: 8 Kom na u rusplek toe, Here, U en die ark, die teken van u mag.
Ja die ark het gewys na iets anders.
Na God se mag.
Dit was ‘n teken van sy mag.
NUWE TESTAMENT
Tekens net so belangrik as in die ou testament.
Mat 24:3 Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: "Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?"
4 Jesus antwoord hulle: "Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Baie sal onder my Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus,' en hulle sal baie mense mislei. 6 Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees. 8 Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd. 9 "Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. 10 In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. 11 "Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. 12 Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 13 Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.
Rom 4:9 Het hierdie uitspraak oor wie geseënd is, net betrekking op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Ons sê weer: "Deurdat Abraham geglo het, het God hom vrygespreek. 10 Wanneer het dit gebeur? Toe hy reeds besny was of toe hy nog onbesnede was? Dit was nie toe hy besnede was nie, maar toe hy nog onbesnede was. 11 Hy het die besnydenis as 'n teken ontvang. Dit is 'n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het deurdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was.
Mat 24: 29 "Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. 30 Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. 31 Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af."
Luk 2:11 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê."
VANDAG
Ps 119:75 Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is. Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou.
Sondag: teken van kruis en opstanding
Doop: teken van genade
Brood en wyn: teken van liggaam en bloed vd Here
Sonsondergang: teken van dag vd Here
Oorlog/hongersnood/verwarring: teken dat die koms van die Here nader kom..
SLOT